Huur van Lapa

Lettie Fouché-Lapa In die pragtige stil omgewing naby die Botaniese Tuine, slegs 2 km (teerpad) buite Bloemfontein.

Kan ± 120 – 160 mense aan tafel neem, ± 200 – Teaterstyl, ± 150 – 180 – Konferensie styl. Indien gekombineer met die medium-saal, kan dit ± 200 – 230 aan tafel neem, ± 320 – Teaterstyl, ± 200 – 250 – Konferensie styl. Beskik oor kroeg, opdien-area, kombuis, kaggels & toilette.

Kan ± 80 mense aan tafel neem ± 130 – Teaterstyl, ± 60 – 80 Konferensie styl. Binne-braaier/-spitbraai/-kaggel, “grootskerm” fasiliteite, privaat diens-kombuis en privaat toilette. Kan ook gebruik word vir medium grootte kerk seremonies (± 120 mense).

Kan ± 50 mense aan tafel neem, ± 70 – 80 – Teaterstyl, ± 40 – 50 – Konferensie styl. Ideal vir intieme kerk seremonies, kleiner vergaderings, ens. Ruim hout dekke by uitgange, toilette en diens-kombuis

60 persone & minder

  • R 4500.00 - Tafels en stoele ingesluit

Meer as 60 persone :

  • R40 per kop meer vanaf 61 tot hoeveelheid gaste daar gaan wees.

Alle funksies by die Lapa waar alkoholiese drank ter spake is, word onder die dekking van die skool se dranklisensie, ongeag of daar ’n kontant kroeg bedryf word òf die drank gratis verskaf word/eie drank saamgebring word.

Onthaaltoerusting is beskikbaar, maar nie ingesluit by die huur van die saal nie. As Lettie Fouche Skool se spyseniering gebruik word is alle toerusting wat gebruik word, in wat die spyskaart gekies is, ingesluit.

Alle ander toerusting moet by gehuur word.

As u enige navrae het kontak gerus vir Ria van Straaten, selfoon nr. 076 4749 708 of stuur 'n e-pos na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

  • Geen verhuring op Sondae.
  • Verjaarsdagpartytjies slegs van 18 de verjaarsdae en ouer.